Tuisblad

SANYO DIGITAL CAMERAEedenglen Aftree Oord is geleë in die pragtige kusdorpie Jeffreysbaai in die Oos Kaap, ongeveer ‘n uur se ry suidwes vanaf Port Elizabeth. Daguitstappies vanaf Jeffreysbaai na Addo Olifant Park, die Tsistikamma kusstreek, die Gamtoos vallei en die Langkloof is baie gewild.

Daar is genoeg inkopie sentrums in Jeffreysbaai om in al die inwoners se behoeftes te voorsien, en natuurlik restaurante om van te kies en te keur.

Die goue strande, vanaf Kabeljaauws strandmeer tot by die monding van die Kromme rivier is almal binne maklike bereik  van die Eedenglen Aftree Oord, die Kabeljaauws strand selfs binne loopafstand vir die meer energiekes.

Blaai gerus deur ons webblad om u te vergewis van alles wat die oord u bied. Indien u enige vrae of meer inligting benodig, kontak ons gerus deur hier te kliek. RetiredCouple IMG_8549