Vrae en Antwoorde

  1. Hoeveel beloop die heffing en waarvoor word dit aangewend?
    Vir die 2020/2021 finansiele jaar beloop die heffing soos volg:
    Vrypag eenhede: R1181.00 per maand.
    Deeltitel eenhede: R1687.00 per maand.
    Heffing sluit administrasie, instandhouding van infrastruktuur, sekuriteit, beskikbaarheid van tuisversorging en versorgingseenheid en munisipale heffing in. By die deeltitel eenhede sluit dit ook die versorging van die tuine en onderhoud van die huise aan die buitekant in.
  2. Word troeteldiere toegelaat?
    Slegs kleinras hondjies, katte en voĆ«ls in hokke mag as troeteldiere aangehou word. Dit is troeteldiereienaars se verantwoordelikheid om te verseker dat hul troeteldiere nie ‘n steurnis vir ander inwoners is nie.
  3. Mag familielede by my woon?
    Geen persone jonger as 50 jaar mag permanent in Eedenglen aftree oord woon nie. Gaste van inwoners mag nie vir langer as 60 dae in die oord oorbly nie. Indien hulle hul verblyf wil verleng, moet dit met die goedkeuring van die Oordbestuur geskied.
  4. Indien ek nie ‘n inwoner van Eedenglen is nie, mag ek steeds in die versorgingseenheid opgeneem word?
    Indien daar plek beskikbaar is, kan persone van buite die oord opgeneem word. Voorkeur word wel aan inwoners van die oord verleen.